28ste Oscar-toekenningsaand

  28ste Oscar-toekenningsaand 

Datum 21 Maart 1956
Plek Pantages Theatre, Hollywood
NBC Century Theatre,
New York
Aanbieder Jerry Lewis,
Claudette Colbert,
Joseph L. Mankiewicz
Pryse & benoemings
Beste rolprent  Marty
Meeste pryse  Marty (4)
Meeste benoemings  Love Is a Many-Splendored Thing, Marty en The Rose Tattoo (8 elk)

Die 28ste Oscar-toekenningsaand is op 21 Maart 1956 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Hollywood en New York gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 1955.

Marty, ’n eenvoudige prent met ’n lae begroting, was die kortste prent wat nog as beste prent bekroon is, asook die tweede een wat ook ’n Palme d'Or gewen het.

James Dean was die eerste akteur in die geskiedenis wat nadoods benoem is vir ’n Oscar: vir beste akteur in East of Eden.


Developed by StudentB